Taaloord Nuusflits 39

Beste Vriende


Voordat 2013 ten einde loop, stuur ek nog enkele brokkies deur aan al die ondersteuners van Taaloord se taal-, kultuur- en geskiedenispogings.

Dit is daarom aangenaam om almal uit te nooi om die webtuiste te besoek en die volgende 'nuwe' bydraes onder Geskiedenis te geniet:

  • - "Die Vlaamse Hugenote" deur C.A.M. de Vleeschauwer
  • - "Jan en Maria van Riebeeck: Gedagtig aan 6 April 1652" deur die uwe


Aangeheg is 'n kort bydrae (bl. 5/6) oor Maria van Riebeeck en haar sterwe in die Verre-Ooste geskryf op uitnodiging van dr. Bert Lever, redakteur van die Nieuwsbrief van die Vereniging Nederland-Maleisië.

2013 lewer ook etlike openbare optredes en ek is bly oor elke geleentheid:

  • - "Woordereis na die Brontaal" – voordrag voor Afdeling Pretoria en Afdeling Kaap de Goede Hoop van die Orde van den Prince op onderskeidelik 1 Augustus en 2 November (verder versprei deur die FAK in Oktober en die Orde van den Prince, Antwerpen in November)
  • -  "Die Kommandeur, die Tuin en die Heining" – praatjie op 27 Oktober in Kirstenbosch voor die GGSA-Argieftoergroep
  • 'n Kort lesingreeks word DV beplan vir Bloemfontein (9 Desember, NALN) en Pretoria (12, 13 of 14 Desember, afhangend van lokaalbeskikbaarheid)

Sodra die reëlings gefinaliseer is, laat weet ek per nuusflits.
    
ALMAL IS WELKOM; BRING OOR BELANGSTELLENDES SAAM.

Met vriendelike Taaloordgroete

Helena Liebenberg
http://www.taaloord.co.za

FAK: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge
GGSA: Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
NALN: Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum