Taaloord Nuusflits 37


J.G. BORMAN-EEUFEESGEDENKUITSTALLINGS

U word genooi om saam met ons die J.G. Borman-kunsdag te vier en te deel in die vreugde van skone kuns deur 'n man vir wie sy talent godgegewe was.
 
J.G. BORMAN-EEUFEESGEDENKUITSTALLING
 
U word hiermee vriendelik uitgenooi na die opening van die J.G. Borman-eeufeesgedenkuitstalling saamgestel uit die skilderyversameling van die Liebenberg-gesin, Bellville.

"Dit was die openingsparagraaf van die kaartjie wat by twee geleenthede uitgestuur is aan genooides vir die bywoning van die eeufeesgedenkuitstalling ter ere van J.G. Borman – in lewe ’n bekende Pretoriase water- en olieverfskilder wat kuns tydens sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse Lugmag deeltyds beoefen het, maar hom na sy aftrede voltyds daaraan kon wy.

My pa sou vanjaar [14 Junie 2012] 100 jaar oud gewees het en ons het besluit om ’n gedenk-uitstalling te reël in Pretoria waar my ouers die grootste deel van hulle lewe deurgebring en ons as gesin gewoon het. Die geselligheid wat op die dag van sy 100e verjaarsdagherdenking in die kunsgalery van die Voortrekker-monument gehou is, was ’n heuglike geleentheid wat deur byna honderd mense, onder wie die tagtigjarige Mimi Coertse, bygewoon is.

Op 6 Oktober het ons ’n soortgelyke uitstalling in die Kaap gereël en was bly dat ons as gesin die byeenkoms met nog vyftig gaste kon deel. Die byeenkoms het in SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands plaasgevind." (teks deur Helena Liebenberg)

As gevolg van die besondere belangstelling in die kunstenaar se werk word die volgende produkte van hierdie twee uitstallings nou te koop aangebied:

1. Die volkleurkatalogus van die skilderye wat uitgestal is, teen R80 per eksemplaar

2. 'n DVD van die verrigtinge van albei uitstallings, teen R80 per kopie 

3. Rooswater – Bloemlesing (hardeband, volkleur), teen R120 per eksemplaar

4. Binnelandse posgeld vir 1x1 tot 1x3 items beloop R30 per pakket; posgeld vir buitelandse of groter bestellings is op navraag beskikbaar.

5. Bankbesonderhede

H.C. Liebenberg
ABSA Stellenbosch
Rek.-nr.: 890-153-003
Takkode: 334-410

Plaas u bestelling en stuur bewys van inbetaling saam met afleweringsadres aan helena@taaloord.co.za

Hartlik dankie vir die ondersteuning.
Met vriendelike groete
Helena Liebenberg