Een taal, een app, baie moontlikhede

In augustus 2022 is het congres van de Suider-Afrikaanse Vereniging voor Neerlandistiek deel van het Colloquium Neerlandicum van de IVN.

Daarom hebben we twee internationale studenten Nederlands en Afrikaans gevraagd om hun mening te geven over digitale leermiddelen die via het internet wereldwijd gratis beschikbaar zijn. 

In deze aflevering vertelt Karolina Pakulska (Poznań, Polen) over het Virtuele Instituut vir Afrikaans.


Om  ’n taal aan te leer hoef nie pynlik te wees nie, maar dit neem dikwels baie tyd. Gepaste en betroubare leerbronne, veral aanlyn hulpbronne, is nie altyd geredelik beskikbaar (of gratis) nie. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) breek hierdie patroon deur toegang te bied tot woordeboeke, taaladvies, leestekste, en opnames. Alles versamel op een plek op  ’n uiters duidelike webwerf wat maklik is om te navigeer. De filosofie van VivA is lekker vir die beursie omdat, soos vermeld op die webwerf is, kennis oor Afrikaans jou nie geld moet kos nie.


Groot databasis

VivA bied toegang tot  ’n Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde, Afrikaanse historiese bronne sowel as  ’n woordeboek. Bowenal het die laaste my aandag getrek. Nadat ek frases soos ‘familie’ of ‘broer’ ingetik het, het ek toegang tot verskillende woordeboeke ontvang wat in inhoud verskil. Die gebruiker kan die woordsoortkategorie, verwante woorde asook die Engelse ekwivalent nagaan. Daarbenewens kry die gebruiker eweseer die geleentheid om  ’n bepaalde woord in konteks of in  ’n uitdrukking te sien. Dit is  ’n wonderlike opsie wat die aanleer van  ’n nuwe vreemde taal ongelooflik maklik maak, want alles is op een plek. Dit is dus nie net  ’n droë vertaling van  ’n woord nie, omdat (wat nie net taalliefhebbers weet nie) woorde nie in  ’n vakuum bestaan nie, maar in verskeie kontekste.


'n Knippie woordeskat, 'n lepel grammatika en 'n glasie uitspraak

’n Baie interessante plek op die webwerf is die oortjie Lees-en-luisterbiblioteek, meer spesifiek kinderstories. Veral opmerklik is die noukeurige redigering van beide die teks en die bladsy self. Die leesspoed, die kleur van die bladsy en die grootte van die teks kan aangepas word. Die leser kan selfs die lettertipe kies sodat nie Calibri- of Times New Roman-aanhangers beledig hoef te voel nie. Daarbenewens is daar  ’n woordelys vir die geselekteerde stories. Die woorde word, benewens hul Engelse ekwivalente, ook in Afrikaans verduidelik en beskryf. Kortom, elke teks is  ’n mengsel van woordeskat, uitspraak, grammatika en kennis in sy suiwer vorm.


Selfs meer opsies

Die aantal leerhulpbronne wat VivA bied blyk eindeloos te wees. Ons het ook die Spraakatlas van Afrikaans tot ons beskikking. Danksy die opnames van uiteenlopende sprekers van Afrikaans kan mense luister hoe Afrikaans in verskillende dele van die land en wêreld klink. Nog  ’n interessante oortjie op die webwerf is Nuttige skakels, wat onder meer melding maak van organisasies en verenigings vir Afrikaans.


Het jy nog steeds hulp nodig?

Wat my regtig verbaas het terwyl ek op die webwerf rondgegaan het, was die feit dat wanneer jy  ’n knaende twyfel het, jy dadelik  ’n deskundige kan vra. Die opsies is om jou vraag via WhatsApp te stuur of die 'Skakel Sophia’ direk te bel. Maar om  ’n e-pos te stuur met jou taalvraag wat jou slapelose nagte deurbring, is altyd gratis. Jy kan ook die VivA-app op jou slimfoon aflaai, wat jou enige plek in die wêreld toegang bied tot die woordeboekportaal.


Sorg VivA VjvA (Vir jou vlot Afrikaans)?

Die antwoord is ja. Ek dink dat die webwerf  ’n baie goeie studiehulp is vir almal wat in Afrikaans belangstel. Maar om uit te vind wat dit nog meer bied, kyk self.


Karolina Pakulska studeert Neerlandistiek aan de Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań (Polen). Ze is voorzitter van de studentenvereniging Oranjes en werkt aan een masterscriptie over de perceptie van Nederlands-Indië op basis van Nederlandse strips.