In november verschenen: Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika - Biografie van 'n taal

Die eerste deel van die boek Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika - Biografie van 'n taal (Pretoria: Protea Boekhuis - www.proteaboekhuis.co.za) het in November 2017 verskyn. Hierdie deel handel oor "Die Europese geskiedenis van Afrikaans" en sal moontlik van nut wees vir Nederlandssprekendes wat belang stel in Afrikaans en in die verband tussen Afrikaans en Nederlands. Die boek is geskryf deur proff. Wannie Carstens en Edith Raidt. Deel 2, wat handel oor die geskiedenis van Afrikaans in Afrikaans, sal in die loop van 2018 gepubliseer word.

Luister gerus na die potsending-onderhoud met prof Carstens oor die boek op VivA se webblad: https://viva-afrikaans.org/lees-luister/blog/item/349-wamc-storie